top of page

Pastorie paar

Ds. Ben en Susara Smit is die huidige predikantspaar van die Gereformeerde Kerk Pretoria Meintjeskop. Die vorige gemeentes waar hulle gedien het was Reddersburg, Pretoria Eloffsdal, Brits-Wes en Parys. Hulle het 3 kinders:

  • Pieter wat getroud is met Somien; hulle is ouers van 2 seuntjies, Christiaan en Henru,

  • dan Sunette wat onderwyseres is by Raslouw privaat skool,

  • en Barend, ’n student in rekenaar-ondersteunde tekenwerk by CTU.

 

Ds. Ben se stokperdjies is houtwerk, lees en seels.  Susara hou van bak en brou in die kombuis en is 'n tuis gebaseerde sekretaresse, wat sorg dat alles vlot verloop in die pastorie.  Die huishouding sluit ook twee “uitmuntende” waghonde in, genaamd Moby en Cujo en ’n kat met die naam Vlooi, wat geen maniere het nie.

 

Anchor 1
Anchor 2

Kerkraad

Ons is geseend met 16 Wyke en `n ouderling  en diaken vir elke wyk. Daar word op gereelde basis huisbesoek gedoen by elke lidmaat deur die ouderlinge. Die Besoeke sluit ook in sieke besoeke en pastorale besoeke. Die ouderlinge wat in die regeeramp is, hou toesig oor die suiwer Woordbediening.Deel van die diakens se diens is die beplannings en aktiwiteitskommissie. Die diakonie funksioneer nou d.m.v. die volgende kommissies : Bejaardes, Jeug, Armsorg, Sakramente, Vervoer, Huisbesoek, Siektes, Nuwe Intrekkers, Finansies, Byeenkomste.

 

Tabitas

Wat kan die Susters van Meintjeskop goed doen? Tee maak , verversings verskaf en funksies reel, uitreik, geestelike pitkos aanbied vir oud en jonk. Elke Sondag is daar tee na kerk en daar word ook vir vergaderings en begrafnisse reggestaan. Met gereelde saamwerk en wyksbesoeke leer die Susters mekaar regtig ken. So groei ons saam in `n liefde en omgee en word vir mekaar 'n skouer om op te huil of lekker saam te lag. Die Susters bied die fyner afronding wat elke vreemdeling vinnig laat tuis voel in die kerk.

Anchor 3

Amandels

Wanneer in Prediker 12:5 ouer mense vergelyk met die amandelboom wat wit in die blom staan, dui dit op die wit (grys) hare van die ouderdom. As mens dus na die ouer mense in hul grysheid kyk dan sien hy eintlik, temidde van die verganklikheid waarvan Pred. 12 praat, tog iets besonders raak, naamlik `n amandelboomboord met spierwit bloeisels! En waar daar meestal na die ouderdom verwys word as die naderende einde, die wintertyd, wil hierdie bloeisels, as dit eintlk nog winter is, dit reeds uitjubel:  wees wakker, die nuwe begin is naby! Ouderdom kondig dus nie die EINDE aan nie maar die BEGIN! Die grysheid verkondig eintlik dat die gelowige oue van dae al begin uitsien na `n nuwe, volle, heerlike salige NUWE lewe waaraan daar geen einde is nie! Dit is die vrug wat vir die gelowige ryp geword het aan die dorre, barre kruishout. Jesus het in ons dood ingegaan, dit vir ons gedra, sodat ons kan lewe!

Anchor 4

K & kk (Jeug)

Die koffie en klets kabinet - As  daar nou een ding is waarna alle mense smag, is dit om aan iets te behoort.  Dieselfde het vir die jeug van Meintjeskop gegeld. Die jeug het een Sondagaand na kerk verklaar dat hulle ‘n behoefte het aan ‘n Bybelstudiegroep.  So entoesiasties het daar ‘n klein groepie van drie persone by die pastorie bymekaar gekom.  Ons het bespreek hoe ons diewBybelstudie wil hê en wat ons eil bespreek.  Met elke Bybelstudiegeleentheid is daar koffie gedrink en oor die week se gebeure gekonfereer.  Dit het ons almal se week soveel beter gemaak.  Ons ontlaai van die week se probleme of gebeure en word dan gelaai met die Woord se pitkos. Die KK en K is gestig net na die Bybelstudie toe ons koffie gedrink het en ons Boeretroos klaar uitgeruil het.  Die jeug het nodig gehad om as ‘n groep bekend te staan en aksies saam te bou.  Die KOFFIE EN KLETS KABINET is so gebore.  Die Here het die groep geseën in getalle en geleenthede. Die Bybelstudiegroep het gegroei tot 23 mensies.  So dankbaar daarvoor!! Die K&KK het ongelooflik lekker avonture soos om te verdwaal met ‘n staptoer, en wat ‘n uur moes duur het ons toe afgelê in ‘n rekord drie uur marathon!  Ons geniet ook uistappies na “Tenpin bowling”. Die K&KK is ‘n seen en ‘n voorreg vir die Gereformeerde Kerk Meintjeskop se jonges van gees.

Anchor 5

Jong Lote

Daar is 'n nuwe groep in die gemeente begin nl. die Jong Lote en dit is vir al die Voorskoolse en Laerskoolkinders.  Die groep kom een keer 'n kwartaal bymekaar.  

 

4Jjong dame onderwysers in die gemeente neem die groep kinders en behandel met hulle 'n gedeelte uit die Woord van die Here en daarna het hulle gewoonlik 'n aktiwiteit oor die gedeelte soos byvoorbeeld Noag se ark. Die gedeelte is met hulle behandel en daarna het die kinders diere uit klei gemaak.

 

Dit is ook die begin van katkisasie vir die heel kleintjies maar by hierdie geleenthede maak hulle maats by die kerk

Anchor 6

Ken Mekaar

bottom of page