top of page

“Ag, Here Here, kyk, U het die hemel en die aarde gemaak deur u grote krag en deur u uitgestrekte arm;  geen ding is vir U te wonderbaar nie.”

Jeremia 32 : 17

Bybelstudies

 

Ons gemeente is bevoorreg met 5 groepe Bybelstudies in die week:

Twee groepe is besig met 'n studie “Voëlvlug deur die Ou Testament," twee groepe met Jesaja en een met die boek Esegiel

  • 09:30    Kerk          “Voëlvlug deur die Ou Testament”

  • 11:00    Herfsblaar  Jesaja Woensdagmiddag   

  • 15:00    Ons Tuis    Jesaja  Woensdagaand    

  • 19:00    Kerk           Esegiël Woensdagaand   

  • 20:00    Kerk          “Voëlvlug deur die Ou Testament”

Eredienste

 

Dit is met groot dankbaarheid teenoor die Vader wat alle dinge in sy hande het, dat dit sy beskikking is dat ons elke Sondag die voorreg het om 2 eredienste te hou tot eer en tot verheerliking van Sy naam, Hom te kan loof en prys.

 

  • Sondagoggende 9:30 en

  • Sondae aande 18:30.

  • Om gratis afdrukke van die Woordverkondiging te kry, kan ‘n epos gestuur word aan bensmit1957@gmail.com 

  • Die preke kan hier op die webside gekry word.

Toerusting

 

Daar word gereeld toerustingsgeleenthede gereel in die gemeente:

  

Die kerkraad ontvang met elke Bree kerkraadsvergaderings toerusting deur ds. Ben oor aktuele onderwerpe.

 

Dan is daar 4 keer 'n jaar Tabita geleenthede waar toerusting daar deur verskillende predikante gegee word aan ou en jong vroue.

 

Die Tabita's reel ook elke jaar 'n Manne-ontbyt met 'n spreker wat die manne toerus.  Verlede jaar was ds. Ronald Bain by die geleentheid om te praat oor die Man se plek en hierdie jaar het mnr. Chris Lessing kom praat oor die Christen en tegnologie.

 

Augustusmaand kry die jeug en hul ouers 'n geleentheid met mnr. Arnold Malan wat kom praat oor Christen wees en rekenaarspeletjies. 

 

Verder word daar op gemeentekampe en jeugkampe, toerusting gegee deur Ds. Ben

 

 

Sending

 

In Junie 1997 het ‘n lidmaat van ons gemeente ‘n brief ontvang van Amoss Mah-llanga uit Kenia. Amoss is afkomstig uit ‘n Christen agtergrond en die oudste seun van ‘n predikant van die Dutch Reformed Mission Church van Kenia.  Amoss is verbonde aan die Emmanuel Reformed Church of East Africa.  Amoss het op die dorpie Faza beland na sy opleiding te Garissa tussen die Somali’s, in die ooste van Kenia. Omdat die meeste Keniaanse kerke glo dat ‘n sendeling blank moet wees, ondersteun hulle nie maklik swart sendelinge nie.  A.g.v. br. Amoss se brief na die verre Pretoria, het ons gemeente betrokke geraak by sy werk.  Die kommissie het bevind dat Amoss waarlik ‘n geroepene van die Here is en na 'n ter plaatse ondersoek goedgekeur dat hy finansieël vanuit ons gemeente ondersteun sou word. Daar is ook besluit dat hy gehelp moet word met verdure studies in die Gereformeerde leer.  Daar word aanbeveel dat hy B.Th. telematies by die Noord-Wes Universiteit doen.

Katkisasie

 

Katkisasie lesblaaie word in die begin van die jaar aan katkisante uitgedeel vir die jaar se werk en dit word ook op die jaarprogram aangebring.

 

Katkisasie tye:

 

Laerskool 0 - 8

Sondagogggend na die erediens 10:30 tot 11:30

 

Hoerskool graad 9 - 10

Sondagaande na die erediens

 

Belydenisklas

Donderdae van 16:00 tot 17:00 by die pastorie

Anchor 1
Anchor 2
bottom of page