top of page

Doop van Verbondskind

Dankgebed: Almagtige, barmhartige God en Vader.

Ons dank en loof U dat u ons en ons kinders, deur die bloed van u geliefde Seun Jesus Christus, al ons sondes vergewe en ons deur u Heilige Gees tot lidmate van u eniggebore Seun en daardeur tot u kinders aangeneem het en dit aan ons met die heilige doop beseel en bekragtig.

Ons bid U ook deur Hom, u geliefde Seun, dat U hierdie kind altyd met u Heilige Gees wil regeer, sodat sy Christelik en godvrugtig opgevoed mag word en in die Here Jesus Cshristus mag groei en toeneem, sodat sy u vaderlike goedheid en barmhartigheid, wat u aan haar en ons almal bewys het, kan bely en in alle geregtigheid onder ons enigeste Leraar, Koning en Hoepriester, Jesus Christus, kan lewe en moedig teen die sonde, die duiwel en sy hele ryk kan stry en oorwin, om U en u Seun Jesus Christus en ook die Heilige Gees, die enigste ware God, ewig te loof en te prys.

Amen


Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page