top of page

Belydenis van geloof


Geliefdes in die Here,

God het in Jesus Christus, ons Here, die verbond van genade met ons en ons kinders opgerig.

As kinders en erfgename het ons deel aan die volle rykdom van die weldade van hierdie verbond maar word ons ook tot gehoorsaamheid aan en aanvaarding van die verbond geroep. Daarom moet verbondskinders wanneer hulle tot die nodige insig gekom het, hulle geloof openlik in die midde van die gemeente bely asook hulle voorneme om deur die krag van die Heilige Gees die verbondsgemeenskap met God te onderhou.

Gelei deur die Gees van God en sy Woord het hierdie broeders die kerkraad gevra om hulle geloof hier openlik te bely. Nadat hulle behoorlik onderrig en ondervra is, is die kerkraad daarvan oortuig dat elkeen van hulle toegerus is om tot sodanige persoonlike belydenis te kom.


In die Naam van ons Here Jesus Christus heet ons u hartlik welkom in die volle gemeenskap met die volk van God. Mag die God self van alle genade, wat ons tot sy ewige heerlikheid in Christus Jesus geroep het, nadat ons 'n kort tyd gely het, u volmaak, bevestig, versterk en grondves.


Aan Hom die heerlikheid en die krag tot in alle ewigheid. Amen




Featured Posts
Recent Posts
Archive
Search By Tags
No tags yet.
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
bottom of page